Jaarboeke

Toerismedistribusiebestuur 320


 
Modulekode TBE 320
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Module-inhoud Toerisme Industrie Sektorbestuur II Hierdie module dek die bestuur van twee industrie-sektore in die konteks van toerisme: vervoer en distribusiekanale. Vervoer vorm ‘n integrale deel van toerisme. Hierdie deel van die werk dek hoe toerisme deur vervoer geaffekteer word en ondersoek die aanbod van- en vraag na vervoer vanuit ‘n toerisme-perspektief. Dit stel ook die verskeie vorme van vervoer bekend sowel as hul impak op die toerismesisteem en industrie. Toerisme- distribusiebestuur verskaf ‘n oorsig van die teorie van distribusie in die toerisme-verband en beskryf ook die integrale aard van inligting in toerisme. Distribusiekanale word ontleed en die unieke aard van toer-groothandel, reis-kleinhandel, sake- en korporatiewe reisbestuur en motiveringsreise word ondersoek. Let wel: Verskeie praktiese en bedryfsinteraksie-aktiwiteite is ondersteunend tot die teoretiese komponent van die TBE 110, 120, 210, 220, 310, en 320-leerplanne en vind gedurende vakansietye, oor naweke en na-uurs plaas om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel. In oorleg met die afdelingshoof moet ‘n student 1 000 "krediete" verwerf vir die praktiese komponent (wat bevredigende klasbywoning, goedgekeurde praktiese werk en toepaslike praktiese kortkursusse behels soos deur die afdelingshoof bepaal) alvorens ‘n student tot die eksamen in TBE 320 toegelaat sal word.
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Opvoedkunde
Fakulteit Geesteswetenskappe
Voorvereistes TBE 210 GS
Kontaktyd 4 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Afdeling Toerismebestuur
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences